Covid-19: Agt sterftes in vier distrikte

Die Namibiese gesondheidsministerie het agt Covid-sterftes in vier distrikte aangekondig, asook 76 nuwe gevalle uit 854 toetsuitslae, wat ‘n positiewe koers van nege persent verteenwoordig. In die groep is 18 leerders en twee elk onderwysers en gesondheidswerkers. Geeneen van die bevestigde gevalle is ingeënt nie. Daar is nou 3 840 aktiewe gevalle, waarvan 259 in hospitale en 52 in intensiewesorgeenhede is.