Covid-19: 63 sterfgevalle in 15 distrikte

Die Namibiese gesondheidsministerie het 63 Covid-sterfgevalle in 15 distrikte aangekondig, asook 467 nuwe gevalle uit 1 944 toetsuitslae. In die groep is 67 leerders, vier onderwyseres, sewe studente en 13 gesondheidswerkers. Daar is nou 21 075 aktiewe gevalle, waarvan 565 pasiënte in hospitale is en 115 in intensiewesorgeenhede. Die adjunkminister van gesondheid, dr. Esther Muinjangue, gee die jongste.