Covid 19: 29 sterfgevalle in agt distrikte

Die Namibiese gesondheidministerie het 29 Covid-sterfgevalle in agt distrikte aangekondig, asook 533 nuwe gevalle uit 2 093 toetsuitslae, wat ‘n positiewe koers van 26 persent is. In die groep is 47 leerders, 9 elk onderwysers en studente, asook 23 gesondheidswerkers. Daar is nou 20 863 aktiewe gevalle, waarvan 447 gehospitaliseer en 77 in intensiewesorgeenhede is.