Covid-19: 26 sterfgevalle aangemeld

Die Namibiese gesondheidsministerie het 26 Covid-sterftes in tien distrikte aangemeld, asook 320 nuwe gevalle uit 1 827 toetsuitslae wat ‘n positiewe koers van 17,5 persent verteenwoordig. In die groep is 27 leerders, vyf gesondheidswerkers, vier onderwysers en drie studente. Daar is nou 10 418 aktiewe gevalle, waarvan 363 pasiënte in hospitale is en 27 in hoësorgeenhede. Altesaam 348 112 persone is ten volle ingeënt.