Covid-19: 21 sterftes in 10 distrikte aangemeld

Die Namibiese gesondheidsministerie het 21 Covid-sterftes in tien distrikte aangemeld, asook 373 nuwe gevalle uit 2 775 toetsuitslae wat ‘n positiewe koers van 13,5 persent verteenwoordig. In die groep is 43 leerders, nege onderwysers, vyf gesondheidswerkers en drie studente. Daar is nou 10 291 aktiewe gevalle, waarvan 333 pasiënte in hospitale is en 34 in hoësorgeenhede. Altesaam 349 493 persone is ten volle ingeënt.