Covid-19: 18 sterftes, 280 nuwe gevalle

Die Namibiese gesondheidsministerie het 18 Covid-sterftes aangemeld, asook 280 nuwe gevalle uit 1 938 toetsuitslae wat ‘n positiewe koers van 14 persent verteenwoordig. In die groep is 49 leerders, 12 onderwysers, vyf studente en sewe gesondheidswerkers. Daar is nou 7 723 aktiewe gevalle, waarvan 282 in hospitale is en 44 in intensiewesorgeenhede.