Covid-19: 110 positiewe gevalle in Namibië in Oktober aangemeld

Tussen 1 en 31 Oktober is 110 positiewe gevalle van Covid-19 regoor die land deur die Namibiese gesondheidsministerie aangeteken. Hiervan was 100 nuwe gevalle en 10 was her-infeksies. Geen sterftes is aangemeld nie. Die Khomas-streek het die hoogste aantal Covid-gevalle van altesaam 68, gevolg deur die Erongo-streek met 12 gevalle.