Covax behaal 50% van sy teiken

Internasionale nuusagentskappe berig dat die Covax-fasiliteit teen Saterdag een miljard dosisse entstof beskikbaar gestel het. Die fasiliteit het groot uitdagings gehad toe die eerste entstowwe beskikbaar gestel is in Desember 2020 maar, sedert die vierde kwartaal van 2021, het voorraad begin verbeter. Gavi, wat die fasiliteit saam met die Wêreldgesondheidsorganisasie bestuur, sê 144 lande het die entstowwe ontvang. Die teiken was oorspronklik 2 miljard dosisse teen die einde van 2021 maar, ryker lande het beskikbare voorraad opgekoop en het ook uitvoerbeperkings daarop gestel. Talle van die lande het entstowwe begin skenk ‘n paar maande voor die produkte verval het. ‘n Derde van Covax se totale voorraad was geskenk.