Cosatu se Phetoe sê politieke ekonomie verander

Cosatu se hoofsekretaris, Solly Phetoe, sê hy beskou die voortgesette studie van die politieke ekonomie van onderontwikkeling as belangrike grondslag om ongelykhede, armoede en werkloosheid te oorkom. Hy het die Nasionale Leierskap van die CTB se vergadering in Sao Paolo, Brasilië toegespreek. Phetoe sê die wêreldwye politieke ekonomie ondergaan groot veranderinge en lande moet gesamentlike programme versterk. Hy sê die uitgebreide groei in die herorganisasie van die werkproses, indiensnemingskontrakte en maniere van werkersverteenwoordiging, verander die werksplek.