Cosatu gaan landwyd staak

Cosatu gaan landwyd staak oor stygende lewenskoste, brandstofpryse en beurtkrag. Die arbeidsfederasie sê die betoging word vir 24 Augustus beplan, toevallig dieselfde dag as ʼn beplande staking deur Saftu. Volgens die woordvoerder van Cosatu, Sizwe Pamla, vergader die twee federasies Woensdag om oor moontlike samewerking te besluit om hulle onderskeie protes-optredes te koördineer. Cosatu sal die media Donderdag inlig oor besonderhede van die landwye staking.