Corona maak ‘groen’ eiland oop vir toerisme

Corona het die opening van die eerste eko-toerisme-Corona-eiland aan die kus van Colombië aangekondig. Volgens die bier-handelsmerk sal dit die wêreld se eerste blou geverifieerde plastiekvrye eiland wees. Corona het ‘n vennootskap met die nie-winsgewende organisasie Oceanic Global aangegaan om die eiland te skep. Die Corona-eiland het intussen Oceanic Global se driester-plastiekvrye Blouseël-toekenning behaal, vir die uitskakeling van enkelgebruik plastiek en omdat hy volhoubare bedryfspraktyke aanneem. Die eiland sal aan die begin van die volgende somer vir die publiek oopgestel word.