Copps 94.1 skop die aand af met ‘n gewapende rooftog

Kosmos 94.1 se Copps 94.1 teenmisdaad-realiteitsprogram was Vrydagaand weer regstreeks op die lug met ons borge G4S Namibia, JAC van M&Z Motors, Minet Namibia Insurance Brokers, LifeLink Emergency Services, Cema Drilling and Compressors, ITR Namibia Earthmoving Equipment, Dulux Namibia, Engen Eureka Service Station en die Windhoekse Stadspolisie. Francois Lottering was in die hoofstad op grondvlak waar afgeskop is met ‘n gewapende rooftog in Kleine Kuppe.