COP27: Skadefonds gestig om ontwikkelende lande te help

Die COP27 Klimaatberaad het ‘n oorhoofse klimaat-ooreenkoms bereik by die afsluitingsessie in Sharm El Sheikh, Egipte. Die beraad het ook ‘n ooreenkoms goedgekeur vir ‘n fonds om ontwikkelende lande te help wat kwesbaar vir klimaatsverandering is. Die sogenaamde verlies- en skadefonds sal ontwikkelende land help om die onmiddellike koste van gebeure soos storms en vloede te dra. Die fonds het vir die eerste keer op die amptelike agenda by die spitsberaad in Egipte verskyn, ná toenemende druk van ontwikkelde lande.