COP19 sal niks vir boere wat met olifante sukkel oplewer nie

Die 19de Konvensie oor Internasionale Handel in Bedreigde Spesies van Wilde Fauna en Flora, bekend as Cites, is tans in Panama aan die gang. Cites is ‘n internasionale verdrag wat ontwerp is om internasionale handel in sekere dier- en plantspesies te beheer en te reguleer wat moontlik met uitsterwing bedreig kan word. Dit lyk of die konflik tussen mense en wilde diere, veral olifante, toenemend vererger. Die afgelope weke is berig dat die sogenaamde woestynolifante terugkeer na kommersiële plase en dit kan vir die boere probleme skep. Die voorsitter van Namibiese Landbou-unie en boer Piet Gouws, sê aan Kosmos 94.1 Nuus hy dink nie iets positiefs sal uit Panama kom rakende die konflik met olifante nie.