Comair vlieg weer in September

Comair het aangekondig sy vliegtuie sal die eerste van volgende maand weer vlieg. Die maatskappy, wat kulula.com en British Airways bedryf, het op 5 Julie tydelik sy dienste opgeskort. Dit is gedoen in reaksie op die instelling van aangepaste vlak vier-inperkings, die verbod op nie-noodsaaklike reise in en uit Gauteng, en ‘n lae vraag na lugvervoer. Comair sê hy berei nou sy vliegtuie, vlug- en kajuitbemannings, en lughawe-personeel voor, om ‘n naatlose hervatting van sy dienste te verseker.