Collard gesels oor verskeping by Odesa, pryse en volgende jaar se koring-oes

Die eerste verskeping van koring sal na verwagting vandag die hawe by Odesa verlaat. Meer as 23 miljoen ton koring sit vas in die Oekraïne as gevolg van die oorlog en daar is dreigende hongersnood. Die prys van koring het die hoogte ingeskiet en is wisselvallig. Op sy beurt beïnvloed dit weer die verbruiker met prysskokke. Kosmos 94.1 Nuus het die met uitvoerende hoof van die NMI-groep, Ian Collard gepraat.

Maar die toekoms is ook onvoorspelbaar omdat boere in die Oekraïne waarskynlik nie vir volgende jaar se oesseisoen aanplantings sal doen nie. Collard sê die toekoms is wel onduidelik maar, gapings behoort gevul te word.