CoFeed help weer honger families

Honderde kospakkies is deur CoFeed Namibië oorhandig aan die burgerlike groep wat hom beywer om geslagsgeweld te bekamp. Vrywilligers het Saterdag die pakkies voorberei. Die pakkies sal net voor Kersfees by die begunstigdes in Windhoek is informele nedersettings oorhandig word. CoFeed is ‘n burgerlike groep wat saam met verskeie borge werk om arm huishoudings by te staan en die pakkies sal dien as ‘n Kersete vir die families wat dit die nodigste het. ‘n Onlangse verslag toon dat 750 000 Namibiërs in die volgende drie maande voedseltekorte sal beleef. Die Wêreld Voedselprogram sê 23 persent van Namibië se kinders kan nie voldoende groei nie as gevolg van wanvoeding en armoede.