Coca-Cola Namibië skenk N$450 000 aan COSDEF vir vaardigheidsontwikkeling

Coca-Cola Beverages Africa in Namibië het ‘n vennootskap met Community Skills Development Foundation, bekend as COSDEF, aangegaan en 450 000 Namibiese dollar geskenk om vaardigheidsopleiding vir vroue en die jeug moontlik te maak. Vroue en jeug is ‘n integrale deel van Afrika se gedeelde sukses, en Coca-Cola poog om hulle te bemagtig deur hul ekonomiese insluiting regdeur markte op die vasteland moontlik te maak. In Namibië werk Coca-Cola saam met COSDEF om vaardigheidsopleiding te verskaf om vroue en jeugdiges te help om aan ekonomiese ontwikkelingsaktiwiteite deel te neem. Coca-Cola Namibië se skakelbeampte, Enid Johr.