CNN dank werknemers af

CNN in Amerika het drie werknemers afgedank wat werk toe gegaan het en nie teen Covid-19 ingeënt is nie. Dit is een van die eerste voorbeelde van ‘n maatskappy wat personeel afdank omdat hulle ‘n maatskappy se inentingsregulasies oortree het. Dit is wettig vir ondernemings in Amerika om van hulle werknemers te vereis dat hulle ingeënt moet wees. President Joe Biden het ‘n opdrag aan twee miljoen werknemers van die federale regering gegee om te bewys dat hulle ingeënt is of hulle moet ‘n verpligte toets ondergaan en maskers dra