Clanwilliamdam in Wes-Kaap eers in 2025 voltooi

Die Clanwilliam-damprojek in die Wes-Kaap sal nou waarskynlik eers teen 2025 voltooi wees nadat meer as twee miljard Namibiese dollar reeds in 2014 daarvoor toegeken is. Die damwal gaan met 13 meter verhoog word wat die dam se inhoudsvermoë ten minste sal verdubbel. Andricus van der Westhuizen van die DA sê na sewe jaar is slegs 12 persent van die werk voltooi en hy gaan President Cyril Ramaphosa vra om in te gryp.