Ciprus wil by Navo aansluit
Ciprus wil by Navo aansluit en onderhandel met Amerika om te voldoen aan die voorwaardes om in die militêre alliansie aanvaar te word. ‘n Navo-lid, Turkye, is gekant teen Ciprus se moontlike lidmaatskap, want hy erken nie die regering van die eiland se Griekssprekende suide nie. Ciprus is verdeel sedert 1974, toe Turkye die noorde ingeval het na ‘n staatsgreep wat deur Griekeland gesteun is. Meer as 30 000 Turkse soldate is steeds op die eiland gestasioneer.