Chuck Norris: “Ek weet wat die waarheid is rondom Bruce Lee se dood!”

Wanneer Chuck Norris iets oor Bruce Lee se dood moet verduidelik, lyk dit of hy soms bekommerd is oor al die valse gerugte.

Chuck Norris vertel: “Bruce Lee het een aand met gewigte geoefen saam met Kareem Jabar, wat ‘n student van Bruce Lee was toe hy in Los Angeles gewoon het. Hy het swaar gewigte probeer optel en het die skyfies in sy rug gebars. So wat het gebeur? Toe Bruce Lee in Hong Kong was vir sy volgende rolprent het hy saam met ‘n meisie genaamd Betty gewerk. Hy het ‘n erge hoofpyn gekry, Betty het vir hom ‘n bietjie antibiotika gegee vir sy hoofpyn. Die medikasie wat hy vir sy rug geneem het en die medikasie vir die hoofpyn het met mekaar gereageer en sy brein laat opswel en ‘n aneurisme veroorsaak. Dit is eintlik wat gebeur het, so as iemand jou vra wat gebeur het, kan jy hulle die ware storie vertel van Bruce Lee se dood.”