Christine wen silwer op Olimpiese Spele in 200 mete

Christine Mboma het so pas ‘n silwer medalje in die 200 meter by die Olimpiese Spele verower met ‘n tyd van 21,81 sekondes en haar mede-Namibiër, Beatrice Masilingi, het sesde gekom en ‘n nuwe o.20 wêreldrekord gebreek. Elaine Thompson-Herah van Jamaika het die wedloop gewen. Namibiese atleet Frankie Fredericks het laas in 1992 en 1996 in die 200 meter en 100 meter altesaam vier medaljes by die Olimpiese Spele gewen.