Christine sê sy was bang vir besering

Namibië se liefling-atleet, Christine Mboma, het dit rustig gevat in die 200-meter uitdunne in Birmingham by die Statebondspele. Sy het gewen in ‘n tyd van 23,2 sekondes en kwalifiseer vir die semifinaal. Sy het kort na die wedloop gesê sy was bang vir ‘n besering.