Christine doen dit weer

Atletiek-superster Christine Mboma was die grootste wenner by die jaarlikse Namibiese sporttoekennings, en het die junior sportvrou van die jaar, sportvrou van die jaar en sportster van die jaar-toekennings ingepalm. Haar afrigter, Henk Botha, het die afrigter van die jaar-toekenning gewen.