Christene word die meeste in Afghanistan vervolg

Afghanistan is die land in die wêreld waar Christene die meeste vervolg word, gevolg deur Noord-Korea, Somalië, Libië en Jemen. Dit is deur die waghond-organisasie oor Christen-vervolgings, Open Doors, bekend gemaak. Hulle het hul Wêreld-oorsiglys vrygestel, wat die 50 lande waar dit die moeilikste is om ‘n Christen te wees, onthul. ‘n Woordvoerder, Elizabeth Botha, sê die lys toon die vlakke van diskriminasie en vervolging van diegene wat hulle Christen-geloof uitleef in die mees vyandige plekke op aarde.