Christchurch-massaskiet appelleer teen sy lewenslange vonnis

Die Christchurch-massaskieter oorweeg om te appeleer teen sy lewenslange vonnis vir die dood van 51 Moslems wat in 2019 in moskees doodgeskiet is. Die wit heerssugtige Brenton Tarrant sê hy het onder dwang skuldig gepleit. Tarrant is tot lewenslange tronkstraf sonder die moontlikheid van parool gevonnis. Dit was die eerste keer wat ‘n hof in Nieu-Seeland iemand vir die res van sy lewe tronk toe gestuur het. Die beskuldigde se regsgeleerde sê sy kliënt het vir hom ‘n dokument van 15 bladsye gegee met besonderhede oor hoe hy mishandel is.