Choppies beboet oor samesmelting
Choppies Supermarket Namibia moet ‘n boete van 2,2 miljoen Namibiese dollar betaal vir ‘n oortreding van die Mededingingswet van 2003, na hy ‘n nie-goedgekeurde samesmelting geïmplementeer het. Dit is ingevolge ‘n skikkingsooreenkoms met die Namibiese Mededingingskommissie. Choppies het Grootfontein Supermark en Drankwinkel bekom sonder om die kommissie in kennis te stel. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Dina Gowases, die kommissie se woordvoerder, wat meer deel.