Chinhengo sit sy voet neer, genoeg aansoeke, Fishrotters misbruik proses

Pleitverrigtinge in die Fishrot-saak het vanoggend voortgegaan onder leiding van regter Moses Chinhengo. Sacky Shanghala, voormalige minister van justisie, het tydens Donderdag se sitting die hof se jurisdiksie betwis en sy voorneme aangedui om ‘n spesiale pleit. Hy het ‘n uitstel versoek om die nodige dokumentasie te voltooi, met die argument dat regter Chinhengo se aanstelling as die voorsittende regter prosedureel ongeldig is en die hof se gesag kan kompromitteer. Chinhengo het vanoggend sy voet neergesit en gesê Shanghala se aansoek is van die hand gewys en pleitverrigtinge duur voort.