Chinese leerders moet politieke ideologieë leer

Die Chinese ministerie van onderwys het aangekondig hy sal die politieke ideologie van president Xi Jinping in sy nasionale leerplan bekendstel. Luidens ‘n verklaring sal dit vanaf laerskool tot op universiteitsvlak geïntegreer word en sal tieners help om Marxistiese oortuigings te vestig. Die ministerie wil argitekte en opvolgers van sosialisme kweek met ‘n allesomvattende morele, intellektuele, fisiese en estetiese grondslag. Die riglyne bevat arbeidsopvoeding om ‘n hardwerkende gees te kweek, asook opvoeding oor nasionale veiligheid.