Chinese dieretuinwerkers deur aangeval

China se staatsbeheerde media berig dat tiere twee dieretuin-werkers by verskillende dieretuine in die land doodgemaak het. In die een voorval is ‘n werker wat al bykans 20 jaar by die Zhanggongshan-dieretuin in Bengbu gewerk het, aangeval toe hy besig was om ‘n hok skoon te maak. In die ander voorval in die sentrale Henan-provinsie is ‘n werker tydens voedingstyd aangeval en is later in die hospitaal aan sy wonde dood. Die polisie het die twee tiere doodgeskiet.