Chinese burger en Namibiër met beskermde plantspesies vasgetrek

Die Blue Rhino-taakspan het ‘n Chinese burger en ‘n Namibiër op Okahandja in hegtenis geneem in verband met die onwettige besit van beskermde plantspesies, onder meer olifantvoete en sade van die nasionale plant, die Weltwitschia. Hulle is gesien waar hulle die plante in die gebied van Usakos versamel het. Die woordvoerder van die ministerie, Romeo Muyunda sê ‘n span van die omgewingsminsterie het uiteindelik die verdagtes se swart sewesitplek-voertuig gevolg tot by ‘n woonstel op Okahandja.