China Town-aktiviste se borgtogaansoek Donderdag

Die hofsaak van plaaslike aktiviste Michael Amushelelo en Dimbulukeni Nauyoma, en ses ander beskuldigdes is tot 28 Julie uitgestel vir uitstaande ondersoeke om afgehandel te word. Intussen het die twee aktiviste ‘n borgtogaansoek met nuwe feite ingedien, wat na verwagting Donderdag in die Windhoekse landdroshof in Katutura sal plaasvind. Dit is nadat hulle in Mei vanjaar borgtog deur landdros Masule Kwizi geweier is. Hulle verskyn op verskeie klagte wat aanhitsing tot openbare geweld, betreding en aanranding insluit, nadat hulle amok in China Town gemaak het. Hulle is steeds in aanhouding na hul arrestasie op 12 en 13 Mei vanjaar.