China se mielieverbouing hou bedreiging vir SA in

Indien China steeds meer mielies produseer en ‘n standvastige netto uitvoerder word, sal Suid-Afrika moontlik gedwing word om nuwe markte te verken. Só sê die Landbou-sakekamer van Suid-Afrika se hoof-ekonoom, Wandile Sihlobo. Die Chinese Nasionale Komitee vir Gewasverskeidenheid het twee standaarde bekend gemaak wat die weg baan vir geneties aangepaste gewasse in dié land. Sihlobo sê Suid-Afrikaanse boere en landbou-ondernemings moet dié verwikkelinge fyn dophou, aangesien dit ‘n impak sal hê op die langtermyn-groei van die plaaslike landbousektor.