China meld 76 nuwe Covid-gevalle aan

China het gister 76 nuwe Covid-gevalle aangemeld. Dit is die hoogste daaglikse syfer sedert Januarie en volg ná ‘n skerp styging in plaaslike gevalle in die oostelike stad Nanjing. Die nasionale gesondheidskommissie sê in ‘n verklaring 40 van die nuwe gevalle is plaaslike infeksies. Die stad het ‘n ondergrondse treinspoor wat die lughawe en ‘n treinstasie verbind, toegemaak en ook ander maatreëls ingestel om die groepsuitbreking te beheer. Die aantal bevestigde gevalle op die Chinese vasteland staan op meer as 92 000. Die dodetal is steeds 4 636.