China mag drie kinders per gesin hê

Egpare in China sal voortaan toegelaat word om drie kinders te hê in ‘n poging om die kwessie van die land se ouerwordende bevolking te beredder. Volgens die sensus wat in 2020 gepubliseer is, groei die Chinese bevolking teen die stadigste tempo sedert die sestigerjare. Die land se een-kind-beleid is in 1979 ingestel in ‘n poging om armoede te verlig en oorbevolking te bekamp. ‘n Gesonde ekonomie en ‘n verandering in demografie het egter veroorsaak dat die beleid in 2015 na twee kinders per gesin verander is.