China het sy oog op Afghanistan se bronne

Daar word berig dat Chinese owerhede op die oomblik aandag gee aan moontlike projekte in verband met Afghanistan se hulpbronne. Dit volg na die Taliban die land oorgeneem het wat op sy beurt ‘n geleentheid aan China bied om ‘n voet by die deur in te kry. Volgens kenners sal dit jare neem voor die infrastruktuur gereed is en die land se sekerheid is ook nie gewaarborg nie. Afghanistan het talle bronne maar sy groot reserwes van litium wat nou in aanvraag is veral met elektriese voertuie, is baie aantreklik vir beleggers – as die land stabiel is. Kenners meen dit is hoogs onwaarskynlik dat Australiese, Kanadese of Amerikaanse beleggers die land sal betree en meen China is die enigste potensiële belegger en koper van die land se produkte.