China, Covid en Brent ru-olie

China het Donderdag rekordhoë Covid-gevalle aangemeld met 55 616 nuwe infeksies. Dit bring die gemiddelde nuwe infeksies oor die afgelope sewe dae tot net meer as 26 000 daagliks. Beijing het ‘n nul-Covid-beleid en perk woongebiede, somtyds met miljoene mense, onbepaald in, en dit het ‘n reuse-impak op die land se ekonomie. Ekonome voorspel ‘n daling in groei vir die land met vooruitskattings vir die vierde kwartaal wat afwaarts aangepas is na 2,4 persent. Die groei vir die jaar word groei op 2,8 persent beraam terwyl Chinese owerhede 5,5 persent voorspel het. China se verlaagde groei het ‘n daadwerklike impak op ru-oliepryse. Brent verhandel op die oomblik net bo 84 Amerikaanse dollar ‘n vat. China is die wêreld se grootste invoerder van ru-olie.