Cheetah Cement se dringende interdik slaag in die Windhoek-hoërhof

Whale Rock Cement, wat Cheetah-sement naby Otjiwarongo besit, se dringende aansoek vandag in die Windhoekse hoërhof het geslaag. Hoërhofregter Marlene Tommasi het die interdik met onmiddellike effek toegestaan teen die stakende werkers wat bedrywighede verhinder en ook ingemeng het met werkers wat nie staak nie. Cheetah Cement se verliese beloop volgens bestuur tans 1,2 miljoen Namibiese dollar daagliks. Daar is 83 respondente waarvan 80 stakende werkers is en die ander, die Mynwerkersvakbond, die arbeidskommissaris en die Namibiese polisie.