Charl Schwartzel R75 miljoen ryker na sy sege in eerste LIV-toernooi

Gholf: Die Suid-Afrikaner Charl Schwartzel, wat in 2011 die Meesters gewen het, is ʼn verstommende 75 miljoen Suid-Afrikaanse rand ryker nadat hy gister die eerste toernooi in die nuwe LIV-reeks gewen het. Sy landgenoot Hennie du Plessis het een hou agter hom geëindig na drie dae en 54 putjies op die Centurion-baan buite Londen. Greg Norman se rebelle-reeks, met geld van Saoedi-Arabië om hom te rugsteun, het reeds die woede van die PGA-base ontketen. Nuwe name kom egter byna daagliks by en die wenner van die Meesters in 2018, Patrick Reed, is die jongste toevoeging.