Chaos met Karibib se asdrom-tender

Die Tender Bulletin het skerp kritiek gelewer teenoor die Karibib-dorpsraad oor ‘n tender vir asdromme. Volgens die publikasie, bevat die tender nie die hoeveelheid asdromme wat verskaf moet word nie en verder, dat dit nie geadverteer was , op 22 Maart, soos deur die raad beweer is nie. Die tender het ook blykbaar reeds op 10 Februarie gesluit. Daar is ook beweer dat ses tenders ontvang is maar, in die uitvoerende opsomming, is daar in werklikheid 20 tenders ontvang en almal se bieë is goedgekeur al was daar weer talle ‘Trading’ en ‘Investment’ maatskappye betrokke. Die tenders wissel van net meer as 170 000 tot 487 000 Namibiese dollar maar, niemand weet vir presies hoeveel asdromme nie.