Centaurus: Omikron se jongste variant

Daar is weer ‘n nuwe Covid-variant, weer een van Omikron wat vinnig veld wen in Indië en reeds in die Verenigde Koninkryk aangekom het. Brittanje sukkel op die oomblik met baie hoë gevalle en daar word beraam dat een uit 30 burgers Covid het. Die BA.2.75-variant – met die bynaam “Centaurus” – is vroeg in Mei vir die eerste keer in Indië opgespoor. Tot op hede is die variant in tien ander lande bevestig, insluitend Australië, Duitsland en Kanada. Die variant word gemonitor en tot op hede is daar geen aanduiding van hoe aansteeklik of gevaarlik dit is nie. Wat wel bekend is dat die variant talle ekstra mutasies het wat ook anders kombineer.