Cenored sal nou goedkoper krag aanskaf

Cenored het ‘n ooreenkoms met Anirep onderteken om teen 1 dollar 34 sent per kilo-Watt-uur krag aan te koop in plaas van die huidige 1 dollar 96. Die ooreenkoms tree op 1 Maart volgende jaar in werking. Die elektrisiteit is van hernubare bronne. Maar, volgens die maatskappy se woordvoerder Charlie Matengu beteken dit nie dat verbruikers se tariewe opwaarts of afwaarts aangepas sal word nie. Volgens hom het nuwe tariewe in Julie in werking getree en alle kragtariewe moet deur die Elektrisiteitsbeheerraad goedgekeur word.