Cele ontken hy het EFF inligting gegee

Die Suid-Afrikaanse minister van polisie, Bheki Cele, ontken dat hy die EFF ingelig het oor ‘n beweerde komplot om sy sekretaris-generaal, Marshall Dlamini, te vermoor. Die EFF het die IVP daarvan beskuldig dat hy na bewering beplan het om Dlamini te vermoor, ná die ineenstorting van die koalisie-ooreenkoms tussen die twee politieke partye in KwaZulu-Natalse munisipaliteite. Cele sê verlede Saterdag is hy gewaarsku oor ‘n moontlike toename in politieke spanning in die provinsie, en voeg by hy het slegs generiese samesprekings met sommige politieke partye gehou: