Cele bekommerd oor verkragting in skole

Die Suid-Afrikaanse minister van polisie, Bheki Cele, het sy kommer uitgespreek oor die toenemende aantal verkragtingsvoorvalle by skole en tersiêre instellings. Hy het vandag die kwartaallikse misdaadstatistiek bekendgemaak. Cele het onthul dat daar tussen Julie en September altesaam 83 verkragtings in skole en tersiêre instellings plaasgevind het.