Caster gooi nie tou op nie

Atletiek: Die voormalige Olimpiese- en 800-meter wêreldkampioen Caster Semenya vra die verwydering van die huidige leiers van Wêreldatletiek omdat hulle die sport verwoes. Die atleet swoeg om Wêreldatletiek se omstrede testosteroon-regulasies geskrap te kry. Druk het toegeneem teen die liggaam om sy reëls, wat atlete met verskillende geslagtelike ontwikkeling verhoed om aan afstande tussen 400-meter en die myl deel te neem, te skrap.