Cash Loans mag nie jou dokumente eis nie

Die Namibiese finansiële oorsig-instituut, Namfisa, het verbruikers gewaarsku dat behoud van PIN-kodes, bankkaarte, ID-dokumente, rybewyse en selfs paspoorte, deur leningsmaatskappye, teen die wet is. Volgens wat berig word, is daar steeds mikroleners, sogenaamde ‘cash loans’, wat die praktyk voortsit. Volgens Namfisa se kommunikasie bestuurder Victoria Muranda, is dit reeds sedert Maart 2012 verbied en in wetgewing vervat. Verbruikers word aangemoedig om enige mikroleningsmaatskappy wat dokumente eis om ‘n lening goed te keur, by Namfisa te rapporteer. Lenings van die aard word nie gedek deur die privaatsektor kredietverlening syfers nie maar, teen Augustus verlede jaar het 9 persent van Namibiërs, amper 230 000, 6,8 miljard Namibiese dollar aan die maatskappye geskuld.