Capricorn maak tussentydse resultate bekend

Die Capricorn-groep wat op die Namibiese Aandelebeurs genoteer is en sakebelange in Namibië en Botswana het, het sy tussentydse finansiële resultate vir die ses maande geëindig 31 Desember 2021 bekend gemaak. Die verhoogde ekonomiese aktiwiteit, alhoewel vanaf ‘n lae basis, het ‘n positiewe impak op die prestasie van die groep gehad, met wins wat op ‘n jaargrondslag met 111,4 miljoen Namibiese dollar toegeneem het. Marlize Horn, die groepbestuurder van handelsmerk- en korporatiewe sake gesels met Kosmos 94.1 Nuus.

Horn sê hul vennootskappe met belanghebbendes is onmeetbaar.