Capricorn Group spog met stewige resultate

Capricorn Group het stewige resultate behaal met wins na belasting vir die ses maande geëindig 31 Desember 2023, wat met 18.5 persent tot 827,6 miljoen Namibiese dollar toegeneem het, vergeleke met ‘n wins na belasting van 698,2 miljoen dollar wat in die vergelykende tydperk in die vorige jaar gerapporteer is. Dit verteenwoordig ‘n toename van 19,4 persent in verdienste per aandeel tot 152,4 sent. Geanualiseerde opbrengs op ekwiteit op ‘n halfjaar het van 16.6 persent tot 16.8 persent op ‘n jaargrondslag toegeneem. Die groep het gedurende die ses maande geëindig 31 Desember 2023 waarde van 2,42 miljard dollar geskep, wat deur sy hoofbelanghebbende gedeel is. Marlize Horn, die groep se uitvoerende hoof van handelsmerk- en korporatiewe aangeleenthede, sê die wins is ‘n direkte gevolg van hul belanghebbendes.