Capricorn Eagles speel vandag eerste T20 in Europese Toer

Die Capricorn Eagles is in Holland vir hulle Europese Toer wat vandag begin en 3 Julie tot ‘n einde loop. Hulle speel teen spanne in Holland sowel as Duitsland met ‘n totaal van agt T20 wedstryde waarvan die eerste vanmiddag om vier-uur begin. Johan Muller die uitvoerende hoof van Krieket Namibië het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.